Oakdalers slaggereed en aanvaar die “nuwe normaal.”

Die matriekklas van 2020 kyk terug op ses maande van hul finale skooljaar wat vir elkeen groot belofte en hoogtepunte ingehou het. Die graad 12-leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale het Maandag 1 Junie teruggekeer na hul tuiste! Die groep Oakdalers moes vinnig aanpas by die “nuwe normaal.”

In ons gesprek met die skoolhoof mnr. André Latsky, was hy vol lof vir die matrieks se positiewe gesindheid en samewerking. “Ons seuns is gefokus en gee baie goeie samewerking in die klasse sowel as die koshuis. Ek is baie trots op hierdie jong manne wat nie hulself jammer kry nie en die uitdagings van Covid 19 aanvat en steeds met entoesiasme uitsien na hoogtepunte van hul skooljaar wat dalk mag realiseer.”

Die Oakdale matrieks het ook Woensdag hul matriekbaadjies wat verseker opgewondenheid gebring het, ontvang!