Hierdie toernooi word sedert 2011 deur Hoërskool Outeniqua aangebied. Skole kom van regoor die land vir hierdie toernooi. Die toernooi spog hierdie jaar met 19 seuns- en dogterspanne.

Die toernooi word hierdie jaar geborg deur Pick n Pay PreCap Centre. Sonder hulle sou hierdie toernooi nie kon plaasvind nie. Die toernooi vind plaas vanaf 21 – 23 Maart by Hoërskool Outeniqua en York Hoërskool se Astrobane.

Skole wat deelneem is Hugenote Hoërskool, Pearson College, Glenwood High School, Hoërskool Stellenberg, Paarl Girls High, Outeniqua Hoërskool, Hoërskool Langenhoven, York High School, Oakhill School en Laerskool Outeniqua.

Vlnr: Trudy Cherry, Fernando Gnomes, Piet Cloete(Sporthoof), Naas Gibson(organiseerder) en Benita Gibson(Organiseerder).