Laerskool Park van Mosselbaai se tennisspelers het EDEN verteenwoordig tydens Interpro teen Boland, Stellenbosch en Paarl gehou op 2 en 3 November. Eden o/13, o/10 Seuns en o/12 spanne het die toernooi gewen.

Eden o/11 het ‘n 2de plek behaal. Leerders van Laerskool Park wat deel was van hierdie wenspanne is TJ Vorster, Johannes Pretorius, JP Le Roux (o/12), Zander Maritz en Luka Otto (o/11).

FOTO: Vlnr: Johannes Pretorius, Luka Otto, TJ Vorster en JP le Roux (Afwesig: Zander Maritz)