Ian de Jager, ‘n Gr 7-leerder van Laerskool Outeniqua in George, is gekies om deel te wees van die Nasionale Muurbal Akademie wat vanaf 9 tot 12 Augustus 2018 by die Universiteit van Pretoria gaan plaasvind.  Slegs die top spelers van die land word uitgenooi na hierdie geleentheid.