Meer oor Laerskool Hartenbos: Laerskool Hartenbos is een van vier loodsskole in Kring 2 in ons onderwysdistrik vir die aanlyn aansoeke vir 2021. Dit beteken dat alle nuwe aansoekers vir leerders tot Dolfynkontrei vir 2021 via die Wes-Kaap Onderwys Departement se webtuiste moet aansoek doen.

Grondslagfase

Die visie van die Grondslagfase van Laerskool Hartenbos is om geleenthede te verskaf aan leerders om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Ons doelwit is dus om elke leerder in totaliteit te ontwikkel sodat hy/sy met die nodige Kennis, Vaardighede en Gesindhede in die Intermediëre Fase kan aanpas en vorder.

Ons fokus is die versterking en vaslegging van die basiese vaardighede, soos lees, spel en hoofreken.

Opvoeders verantwoordelik vir Grondslagfase

Graad R
Mev  Esmeralde Lind, Mev  Anneke Hattingh en Mev  Esti le Roux

Graad 1
Mev  Di-Maré van Huyssteen, Mev  Elsabe Pieterse, Mev  Marisca Malherbe-Jonker en Me  Marlize Karg

Graad 2
Mev  Rianza Gerber, Mev  Nina Mulder, Mev  Marinda Knobel (Departementshoof Gr. RR en Gr. R) en Mev  Mariana Terblanche (Departementshoof Gr. 1 – 3)

Graad 3
Mev  Santie Maritz, Mev  Henriette Snyman, Me  Anita Nel en Me  Anzel Myburgh

Leerderondersteuning: Mev Elaine Diesel

Speelgroepie (4 – 5 jariges): Mev Petro Prinsloo en Mev Elma Coetzee

Intermediëre Fase

Ons volg die stelsel van vakonderrig waar elke dinamiese onderwyser ‘n spesialis in sy/haar vakgebied is en derhalwe passievol daaroor is. Hierdie passie word oorgedra na die leerders en verskeie pretaktiwiteite wat met die kurrikulum verband hou, word beplan.

Opvoeders verantwoordelik vir

Graad 4
Mev  Marinda van der Westhuizen  (Graadhoof), Me  Andrea, Mev Zarèse van Dyk en Mev Corné Strydom

Graad 5
Mnr Dawie Jonker (Graadhoof), Mev  Elize van Schalkwyk, Mev  Theresa de Bruin en Mev  Annalize Visser

Graad 6
Me  Linda Ferreira  (Graadhoof), Me  Esti van Schalkwyk, Mev  Charmene Coetzee en Mnr  Gerrit Nel

Leerderondersteuning: Mev  Amanda Strydom

OLSO-Eenheid: Mev  Annatjie Engelbrecht

Senior Fase (Graad 7)

Die kurrikulum in die Senior Fase het nie slegs ten doel om kennis en vaardighede oor te dra nie, maar ook om die leerder verstandelik en geestelik voor te berei vir die uitdagings van die Hoërskool.

Opvoeders verantwoordelik in Senior Fase
Mnr Dawie de Beer (Graadhoof)  (Departementshoof), Mnr Renier van Schalwyk, Mnr Joep Joubert (Departementshoof) en Mev Lynda Kuyler

Musiek: Me Christelle Kies

Sportorganiseerder: Mnr Ruhan Meiring, Assisstent – Sportorganiseerder en Jaydee Bester