Die deelnemers van HS Outeniqua.

Een-en-dertig leerders van Hoërskool Outeniqua George, het 3 en 4 Augustus aan die Eskom Wetenskap Ekspo deelgeneem.

Die Kwaggas het weggestap met 2 brons, 9 silwer en 5 goue toekennings vir hul projekte. Kuyler Geldenhuys en Phillip van der

Merwe is gekies om die Eden Karoo streek te verteenwoordig by die Nasionale Eskom Expo wat gedurende September plaasvind.

Gekies vir die Nasionale Eskom Expo:
(vlnr): Kuyler Geldenhuys,Yvette Pitts (Ekspo onderwyser) en Phillip van der Merwe.

Die volgende 5 leerders het goud ontvang:
(vlnr): Michael Voigt, Christian Hattingh, Kuyler Geldenhuys, Phillip van der Merwe en Monicke van der Walt.