Punt groepfoto van A kandidate.

Weereens doen Hoërskool Punt, Mosselbaai, sy tradisie gestand deur skitterende uitslae vir 2019 te lewer. Baie geluk aan die matriekgroep. Julle het julself skitterend van jul taak gekwyt. Ongelukkig het die 100% slaagsyfer ons ontwyk, vanweë die 1 kandidaat wat onsuksesvol was. Punt behaal ‘n slaagsyfer van 99.5%!

Wat die oes van onderskeidings betref was dit voorwaar ‘n besondere jaar. Vanjaar behaal 19 kandidate ’n A-gemiddeld. In totaal het Hoërskool Punt se matrieks 265 vakonderskeidings behaal. Voorwaar iets om op opreg trots te wees! Chanté van der Spuy is vanjaar die Top-kandidaat met 8 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 94%.

Hoërskool Punt is veral trots op die pragtige matriekvrystelling-syfer wat behaal is, naamlik 86.9%. Daar is min skole in die land wat dit kan nadoen.

Die volgende leerders behaal ‘n A-gemiddeld:

VAN DER SPUY, Chanté,94% met 8 onderskeidings

SNYMAN, Christi 92% met 7 onderskeidings

VERMAAK, Johandri 90% met 8 onderskeidings

ELS, Irisa 89% met 7 onderskeidings

BOTHA, Hester (Terena) 88% met 7 onderskeidings

BARNARD, Johannes (Hansie) 88% met 6 onderskeidings

BARKER, Thomas 86% met 6 onderskeidings

TERBLANCHE, Christelle 86% met 8 onderskeidings

REDELINGHUYS, Delize 88% met 6 onderskeidings

MEINTJES, Chanelle 86% met 7 onderskeidings

KOEN, Shané 85% met6 onderskeidings

WARNEY, Lorenné 83% met 5 onderskeidings

SMITH, Ray 83% met 6 onderskeidings

ANDERSON, Kyle 83% met 4 onderskeidings

FROST, Michael 83% met 5 onderskeidings

JOHNSON, Charlene 81% met 4 onderskeidings

HEPPELL, Reevan 80% met 4 onderskeidings

GOUSSARD, Onicke 80% met 4 onderskeidings

HOUGH, Izaan 80% met 4 onderskeidings

 Aan elke matrikulant wat sy of haar beste gelewer het wil Punt baie geluk sê. Aan die ouers, baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en baie geluk met u kind se pragtige prestasies.

Aan elke personeellid van Hoërskool Punt. Dankie vir u harde werk en toewyding. Weereens vlieg u hoog. U harde werk en diens aan die gemeenskap word opreg waardeer en raakgesien.

Baie sterkte aan elke matrikulant vir jul toekomsplanne en studies. Hoërskool Punt hou jul dop, maak ons trots

Adolf Gouws (Skoolhoof)

Chanté van der Spuy en Christi Snyman