Herman Knoetze

26 Van Hoërskool Punt se atlete het die afgelope naweek aan die ASWD Talent ID atletiekbyeenkoms,  aangebied deur Atletiek SWD, in Oudtshoorn deelgeneem.

Die doel van hierdie byeenkoms is om talent te identifiseer en atlete ‘n goeie afsluiting tot die seisoen te gee.

Punt se atlete het baie goed gevaar en baie goeie uitslae, tye en afstande is gelewer.

20 Goue medaljes, 11 Silwer en 6 Brons medaljes is deur Punt se atlete verower.

Wenners was:

Anika Beukes D15 Goud 100m, 200m

Anika Snyders D15 Goud Spiesgooi

Jandri Snyders D15 Goud 800m

Shane Snyders D18 Goud Hammergooi

Aronne Erasmus Goud S18 110mH, Silwer 200m

Stembiso Dhlamini Goud S18 100m, Goud 200m

Mario Swanepoel Goud S15 Hammergooi

Dylan Boshoff Goud S15 Gewigstoot, Diskus

Lucky Tshawe Goud S15 300mH, Silwer Verspring, Brons 100m

Liam Kannemeyer S18 Silwer 100m, Silwer 200m

Brenden Scutte S18 Goud 800m

JB Fizvaz S15 Goud Spiesgooi, Silwer Diskus, Brons Hammergooi

SP Fivaz S15 Goud Spiesgooi, Silwer Gewigstoot

Girard September S18 Goud Driesprong, Silwer 100mH

Lee-Roy Muller S15 Goud 400m, Silwer 200m

HJ Nell S15 Silwer 800m

Herman Knoetze S18 Goud 800m

Reinhardt Nel S15 Goud Verspring

Andre Hattingh S15 Brons Gewigstoot

Tyron Viljoen S15 Silwer Spiesgooi

Abigail Figland D18 Goud Diresporng, Silwer Versping

Carmel Treurnicht D18 Silwer Driesprong

Courtney Williams D18 Brons Versping

Jonique Erasmus D18 Goud Verspring

Sameer Matthews M20 Goud 100m, Brons 200m

Atletiek gedurende  2019 was verseker ‘n suksesverhaal by Hoërskool Punt. Daar was elke naweek goeie deelname teen top skole in die land.

Mnr. Foreman wil graag elke ouer, ondersteuner, borg en die belangrikste, die afrigters en atlete bedank vir hulle harde werk. Hulle sien uit na die 2020 seisoen!