Die twee skuts, Anouska Fouché en Johanné van der Vyver, leerders van Hoërskool Langenhoven, het op Saterdag, 23 Februarie 2019 te Klerksdorp, aan die Noordwes-skyfskietkompetisie deelgeneem en uitstekend presteer.

Anouska het twee goue medaljes ingepalm en Johanné, alhoewel sy nie ‘n medalje losgeskiet het nie, het haar beste totaal behaal.

Op die foto verskyn Johanné van der Vyver (links) en Anouska Fouché (regs).