Carla Conradie, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is in die senior 5-gang Proteaspan opgeneem.

Hierdie Dassie het vanaf Woensdag, 23 Januarie – Saterdag, 26 Januarie, aan die nationale saddleseat proewe te Parys, Vrystaat, deelgeneem.

Carla en haar span, gaan gedurende die Junie-vakansie in New Orleans, VSA, aan ‘n Internationale kompetisie deelneem.