Zoë Heyns, Rochelle Janse van Rensburg en Ané Louw, leerders van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is na verskeie kwalifiserende skoue in die Eden SANESA perdryspan opgeneem.

Met hierdie prestasie verwerf die Dassies provinsiale kleure in perdry. Hulle gaan vanaf Donderdag, 8 Augustus tot Saterdag, 10 Augustus, aan die WP-kampioenskappe te George deelneem.

Foto: Vlnr: Rochelle Janse van Rensburg, Ané Louw en Zoë Heyns.