Vlnr: Lyle-Clint Fielies, Dandré Diedericks en Lamini Gilermo.

Lyle-Clint Fielies, Dandré Diedericks en Lamini Gilermo, leerders van Hoërskool Langenhoven, het op Saterdag, 21 September, aan Mosselbaai se top 10-atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Lyle-Clint Fielies neem in die seuns O/15-ouderdomsgroep deel, en verwerf ‘n goue medalje in die 100m, en ‘n silwermedalje in die 200m. Lamini Gilermo neem in die seuns O/17-ouderdomsgroep deel, en verwerf ‘n silwermedalje in die 3 000m, en Dandré Diedericks neem in die seuns O/15 ouderdomsgroep deel, en verwerf ‘n silwermedalje in hoogspring.