Category: Cricket

Punt-krieketspelers is deur na die SWD-krieketproewe

Die volgende Punt-krieketspelers is deur na die SWD-krieketproewe: Estiaan Hobbs, Jan-Hendrik Marx, Reece Taljaard en Luan Els. Punt-krieket rock!! Foto:  vlnr:  Luan Els, Jan-Hendrik Marx,  Reece Taljaard en Estiaan Hobbs. Hoërskool Punt leerders skitter in krieket-wedstryd Jan-Hendrik Marx van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het die afgelope naweek teen Hoërskool Sentraal,  80 lopies saam met Ian Visser aangeteken.  Ian het 60 van 21 balle gemoker. Punt is baie trots op...

Read More

Die KFC Punt Krieketfees 2017

INLIGTING VIR MEDIA RONDOM  DIE KFC PUNT  KRIEKETFEES 2017 Vir die 19de jaar bied Hoërskool PUNT in samewerking met KFC Heiderand en Da Nova die jaarlikse KFC Punt Krieketfees aan. Die fees het sy ontstaan gehad uit die behoefte om ‘n platform te vir die ontwikkeling van die spel in die SWD te vorm, die bou van vriendskappe en die bevordering van die Mosselbaai die dorp in breë. Oor die jare het die fees van krag tot krag gegroei waar hy vandag staan met 26 skole wat van regoor die land kom en krieket speel regoor die SWD. Wedstryde...

Read More

Dasse se eerste krieketspan begin seisoen op hoë noot

Hoërskool Langenhoven se eerste krieketspan het op Saterdag, 9 September 2017, ‘n kragvertoning tuis teen Hoërskool Ladismith gelewer. Die Dasse kolf eerste en teken 195 lopies aan met slegs 3 paaltjies wat uit die toegelate 20 boulbeurte gekantel het. Gian Rademeyer was die sterspeler en slaan 121 lopies, nie uit nie. Theodore Prins het uitstekende boulontleding gehad en het 4 paaltjies geneem en slegs 16 lopies afgestaan. Die Dasse-boulers het daarna hulle kant gebring en die manne van Hoërskool Ladismith vir slegs 41 lopies uitgeknikker. Op die foto bo verskyn Gian...

Read More

Laerskool Outeniqua talentvolle krieketspelers

Die groepie talentvolle krieketspelers van Laerskool Outeniqua het aan die nie-amptelike finaal van die SWD 0/13 Saterdagliga deelgeneem.  Laerskool Outeniqua en Glenwood House het albei eerste in hul onderskeie groepe geëindig.  Laerskool Outeniqua se 0/13 A-span het as oorwinnaars uit die stryd getree na ‘n goeie meedingende wedstryd.  Zander Nel en Pieter Doubell het albei erkenning ontvang vir hul kolf- en boulwerk. Agter: Luke Graham, Drikus de Jager, Pieter Doubell, Luke Symons, Reynard Visagie, Raymond Bartie (afrigter) Voor: Marcel Strydom, Richard Els, Zander Nel, Lee-Mar Pedro, Jodi Prins en Tim van...

Read More

Hoërskool Punt – Krieket uitslae

1STE SPAN VS YORK OP SATERDAG 4 FEBRUARIE 2017: York wen die loot en besluit om 1ste te kolf.  Hulle teken 208 lopies in 47 beurte aan.  Beste met die bal is Marco Coetzee met 5/28.  Punt gaan kolf en teken 150 lopies aan in 20 beurte.  Jan-Hendrik Marx 45, ST Schoeman 46 en Luan Els 42. Die reen het toe die wedstryd bietjie geknyp en Punt wen volgens die Duckworth-Lewis stelsel. Foto aangeheg: Agter links: Luan Els, Charl Burger, Franco Kruger, ST Schoeman, Marco Coetzee, Reece Taljaard, Ian Visser, Estiaan Hobbs, Mnr Dewald de Lange Voor van links:...

Read More
  • 1
  • 2

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.