Category: Sports

Izaan Hough van Hoërskool punt in Mosselbaai

Izaan Hough van Hoërskool punt in Mosselbaai, wen 4 goue en 1 silwer medalje in swem-kampioenskap. Izaan Hough van HSP het die afgelope naweek aan Eden Aquatics se Long Course Championships in Oudtshoorn deelgeneem en in die 16 jaar ouderdomsgroep vir vroue, 4 goue (100m vryslag, 50m rugslag, 50m vryslag en 200m vryslag aflosspan) en 1 silwer medalje (50m vlinderslag) verower.   In die 50m vryslag het sy ‘n persoonlike beste tyd...

Read More

Hoërskool Punt, Mosselbaai se Punt Vaatjie-Gholfdag

Die jaarlikse Vaatjie gholfkompetisie het op 10 November in winderige toestande plaasgevind. Die wenners van die 9 putjie kompetisie was J Joubert en S du Plessis van Laerskool Hartenbos en die wenners van die 18 putjie kompetisie was G Steinhobel en Q D’Elboux van Punt. Die algehele wenner van die Vaatjie kompetisie was Punt met 118 punte, Laerskool Park tweede met 114 punte en Laerskool Hartenbos derde met 108 punte. Baie dankie aan die borge wat die pryse vir die kompetisie moontlik gemaak het en die spelers wat die kompetisie in goeie gees afgehandel het.   Aangeheg foto van...

Read More

Izaan Hough van Hoërskool Punt

Izaan Hough van Hoërskool Punt, Mosselbaai, wen 2 goud en 3 silwer medaljes in swem Izaan Hough het die afgelope naweek aan die Freda Barnard swemgala deelgeneem. Die gala is deur die Fish Eagles swemklub gereël as ‘n fondsinsameling en daar was 17 klubs wat tydens hierdie gala kragte gemeet het. Izaan het puik presteer (in die 16 jaar-ouderdomsgroep) deur 2 x goud (50m vryslag en 200m vryslag) en 3 x silwer (50m vlinderslag, 100m vryslag en 200m medley aflos) medaljes te wen. Sy het al haar persoonlike tye...

Read More

Laerskool Outeniqua se seuns-tennisspan skitter in die Paarl

Laerskool Outeniqua in George se seuns tennisspan het aan die Gerrie Berner Nasionale Tennistoernooi in die Paarl deelgeneem.  Hulle het ‘n welverdiende sewende plek behaal uit 16 deelnemende skole vanoor die hele land.   Die span wil die volgende persone en besighede bedank vir hul nuwe spandrag:  Amigos Mens Fashion, Eden Accounting en Heinie de Jager. Voor v.l.n.r. Michael Mostert, Schalk Meintjes, Wihann Cloete en Martin Mostert. Agter v.l.n.r. Reynard Visagie, Tiaan Basson en Drikus de...

Read More

Adunaike Herling van Hoërskool Langenhoven ontvang trofee vir beste prestasie in skoolsport

Adunaike Herling, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het tydens die skool se jaarlikse Erkenningsaand die Christie Coetzee trofee vir die beste prestasie in ‘n skoolsport ontvang. Adunaike het die Wes-Kaap O/16 Willows verteenwoordig en sy en haar span is as die SA-kampioenspan aangewys en die goue medalje gewen! Sy is dus in die beste O/16 netbalspan in die...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.