Category: Hoër Landbouskool Oakdale

VISIT YOUR SCHOOL’S PAGE

Gedagte vir die week / Thought of the week

Bid, ten spyte van …
Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink,en my gebed het by U gekom, in U heilige tempel. – Jona 2:7

Jesus het beloof dat Hy niemand wat na Hom toe kom, sal uitwerp nie. Ook dat Hy nie gekom het om regverdiges te roep nie, maar om sondaars tot bekering te nooi.

Dis nooit te laat om na die Hoorder van gebed toe te draai en jou probleme aan Hom voor te lê nie. Hy sal altyd jou noodroep hooren jou met Sy liefde omvou. Hoe onwaardig jy dan ook al op hierdie oomblik voel, reik in gebed na Hom uit en Hy sal jou hand vat. Moet onder geen omstandighede jouself die seën van Sy vrede ontsê nie. Deur gedissiplineerde gebedstryd sal ook jy Sy genade kan geniet.
Solly Ozrovech

Pin It on Pinterest