“Hier by Hoërskool Punt raak dit stadig maar seker nou “normaal”!

Foto’s: Me Odendaal

Leer Hoërskool Punt beter ken: Hoërskool Punt is beslis die skool met die mooiste uitsig in die land. Die see uitsig is ongelooflik en personeel en leerders is bevoorreg om daagliks hierna te kan kyk. Daar is tans 1098 leerders met 5 Afrikaans en 2 Engelse klasse in elke graad. Hoërskool Punt het sterk waardes waarvolgens hulle daagliks handel en leerders word volgens Christelike lewensbeginsels opgevoed.

Hoërskool Punt het al baie bekendes in die vermaaklikheidswêreld opgelewer:
Lesley Rae-Dowling (sangeres)
Gerrie Pretorius (sanger en aanbieder van Leef jou Reis op TV)
Dieter Voigt (Mnr. SA)
Gabriella Neto (World Beauty Queen SA)