Aangeheg ‘n foto (met die medaljes om die nek) van hierdie yster-girls van ons:
Agter vlnr:  Anja Schwim, Zani Fourie, Elrize Moolman, Me. Elna Nel (afrigter), Winona Huisamen en Sanchia-Lee Barnardo
Voor:  Charlene Johnson, Juanic Alberts en Tarryn Burger.

Hoërskool Punt se o/17 span het Donderdag 3 Augustus na Boksburg vertrek vir die Nasionale Netbalkampioenskappe. Die toernooi waar die beste netbalspanne uit verskeie hoërskole regoor die land en in hulle onderskeie ouderdomsgroepe deelneem is altyd ‘n uitdaging en hoogtepunt vir enige span wat daarvoor kwalifiseer. Punt se o/17 span speel in hulle poel teen die volgende skole. Punt se tellings 1ste
vs Nelspruit 20-3
vs Klerksdorp 20-8
vs Sentraal (Bloem) 22-6
vs Garsfontein 19-10
Die tellings is egter effens misleidend en weerspieël glad nie hoe taai die kompetisie was nie. Punt eindig eerste in hulle poel en speel uit teen Stellenberg en wen naelskraap met ‘n telling van 14-12. Volgende moet Punt uitspeel teen Potchefstroom Gimnasium om te kyk wie gaan uitspeel vir 1 & 2. Dit was ‘n bitter taai stryd tot op die einde. Punt  kon ongelukkig nie die agterstand inhaal nie en verloor net-net 12-15.
Gelukkig is dit die einde den  niet. Punt se volgende wedstryd is teen Waterkloof om te bepaal wie 3de of 4de in die kompetisie eindig. Punt was op ‘n stadium 5 doele agter, maar hulle wys karakter en fokus om die agterstand in te haal. Die halftydtelling is 9-8 in Waterkloof se guns. Punt wys senuwees van staal en die veggees van ‘n trop wolwe. Hulle veg tot op die laaste sekonde en wen die wedstryd naelskraap, maar met groot blydskap en verligting met ‘n telling van 17-16. Punt se o/17 span eindig 3de uit 21 o/17 spanne.

Baie geluk aan hierdie dogters met hierdie uitsonderlike prestasie.

South African Schools Netball – SASN

u/17 Results

U/17 Botho:

Gold: Potch Gim NWP
Silver: AHMP Gaut
Bronze: Punt WC

4: Waterkloof
5: Garsfontein
6: Stellenberg
7: Heidelberg Volkskool
8: HTS Middelburg
9: Rustenburg
10: PHS
11: Monument
12: Diamantveld
13: Bloemhof
14: Upington
15: Sentraal
16: Klerksdorp
17: Oranje Meisies
18: Frikkie Meyer
19: Nelspruit
20: Genl Hertzog
21: Kingsridge