Tydens die afgelope Feeskonsert van hierdie jaar se Eisteddfod, is Carla Krüger, Mia Wright, Monicke van der Walt en Henco Bester van Laerskool Outeniqua geselekteer om deel te neem.  Mia en Monicke het ‘n blokfluit duet gespeel en Carla ‘n blokfluitsolo.  Carla het ook die junior instrumentale trofee verower.  Henco het ‘n uitstaande monoloog gelewer en het ook die junior Jazz, Pop&Rock trofee gewen vir sy sangdeelname, asook die Junior Veelsydigheidstrofee.