Hoërskool Langenhoven se skyfskietspan het vanaf 26 – 27 Augustus 2017 te Bellville, aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem en mooi presteer.

Die volgende skuts het medaljes vir die 10m dissipline ontvang: Milla Steyn verwerf ‘n goue medalje in die dames O/14-afdeling. Johanne van der Vyfer (goud), Anouska Fouché (silwer) en Cyrilene Coetzee (brons). Hulle almal het in die dames O/16-ouderdomsgroep deelgeneem en elkeen ‘n toekenning vir uitstekende vordering in die sport ontvang.

Lourens van Vuuren is vir die Wes-Kaapspan gekies om vanaf 6 – 7 Oktober te Douglas aan die SA-kampioenskappe deel te neem. Indien Lourens hier ‘n kwalifiserende telling skiet, verwerf hy sy WP-kleure. André Rossouw verwerf ‘n toekenning vir uitstekende vordering in die sport. Herman Rall (afrigter van die Dasse) is deur die Wes-Kaap Unie as Wes-Kaap afrigter van 2017 aangewys.

Op die foto verskyn van links: Milla Steyn, André Rossouw, Lourens van Vuuren en Johanne van der Vyfer. Anouska Fouché en Cyrilene Coetzee was afwesig tydens die neem van die foto.