Hoërskool Langenhoven se skaakspan het op Saterdag, 26 Augustus 2017, aan die O/19 Wes-Kaap Topskole-skaaktoernooi te Worcester deelgeneem en puik presteer.

Die Dasse behaal ‘n tweede plek en dring deur na die volgende ronde (SA-kampioenskappe) wat vanaf 1 – 4 Oktober, te Bloemfontein plaasvind.

Op die foto verskyn van links: Azriel Johnson (afrigter), Dimitri Robertson, Wayden Albertus, Sean Barret, mnr. Peter Steyn (streeksorganiseerder), Krishna Hattingh, Keith Bergsted, Cornel Juta en El-Monique Beyers.